Top Toeps Vir Ons Tyd

Top Toeps Vir Ons Tyd

Gebruik jou selfoon om jouself te verryk, geestelik te groei, en sinvol stil te word. Hier volg ’n klomp oulike toeps of “apps” wat aflaaibaar is op Google Play, of die Apple App Store.

Ons Glo

Hierdie oulike “app” is gebaseer op die 5 kernbeginsels (of die 5 solas) van die Christelike geloof (genade, geloof, Jesus, die Bybel en God). Dit bespreek ook die Apostoliese Geloofsbelydenis. Dit is gebruikersvriendelik, word netjies aangebied, en kan ook vir persoonlike- of familiestiltetyd gebruik word.

Apple App Store download badge
Google Play download badge

CLF

Die CLF (Christelike Lektuurfonds) het ook ’n toep. Die CLF het wonderlike hulpbronne oor ’n hele reeks temas. Daar is daaglikse oordenkings, en ook leesstukke ook belangrike temas wat relevant is vandag.

Apple App Store download badge
Google Play download badge

Pray as you Go

Die Pray as you Go toep plaas elke dag ’n 10 minute oordenking oor die leesroosterteks. Daar is ’n voorganger (liturg) wat jou deur die dagweiding lei, en dit word baie sinvol aangebied.

Apple App Store download badge
Google Play download badge

Kerkmusiek

Hierdie toep bevat die hele Liedboek se musiek en woorde. Jy kan na jou gunsteling kerkliedere luister, en saamsing. 

Apple App Store download badge
Google Play download badge

Boodskap vir Vandag

Hierdie app is onlangs vrygestel deur Bybelmedia, en dit plaas daagliks oordenkings, bemoedigende en inspirerende boodskappe.

Apple App Store download badge
Google Play download badge

YouVersion Bible

Op hierdie toep kan jy verskillende Bybelvertalings aflaai. Jy kan tekste onderstreep, notas maak, dit vergelyk met ander tekste, en meer daaroor oplees. Daar is ook ’n reeks Bybel programme en dagstukkies beskikbaar.

Apple App Store download badge
Google Play download badge

Roadtrip 247

Hierdie toep plaas elke dag ’n kort, deurdagte boodskap, ’n voorbeeld van ’n gebed, en ’n uitdaging om jou geloof prakties uit te leef. 

Apple App Store download badge
Google Play download badge

Read Scripture

Hierdie toep verduidelik elke deel van die Bybel in sy konteks, en verduidelik hoe ons dit vandag moet verstaan. Tussen die netjiese verduidelikings oor die tekste, is daar ook baie oulike, en verstaanbare video’s oor elke boek in die Bybel. Hierdie toep integreer die hele storie van die Bybel, en hou die leser nie op met vervelige en onnodige feite nie. 

Apple App Store download badge
Google Play download badge

Afsluiting

Natuurlik is daar nog baie ander toeps beskikbaar, maar ons is goed bekend met hierdie wat ons genoem het. Hierdie toeps is verniet, en dit is soos om ’n hele biblioteek in jou broeksak te hê. 

Veilig wees. 

*- As jy ‘n iPhone of iPad het, kliek op die knoppie Download on the App Store;
*- As jy ‘n Android foon of tablet het, kliek op die knoppie Get it on Google Play.

unsplash-logoFoto: Mia Baker