NG Gemeente Heuwelsig

Uitreik

Opgedateer: 10 Junie 2022, 11:39

Inleiding

Ons reik op ‘n weeklikse en maandelikse basis uit na behoeftiges in ons gemeenskap. Deel saam met ons in die vreugde om ander te kan help.


Kombersskenkings

Baie dankie aan almal wat komberse aan Gaurdian Angels geskenk het. Julle maak ‘n groot verskil in ‘n klomp mense se lewens.

reverent craig and a representative from gaurdian angels that is receiving the blankets we got from the conregation

Die koue saam met die winter wat nader kruip word reeds aan ons eie vel ervaar. Ons is baie bewus van mense wat koud slaap in die nag en wil graag van ons gemeente se kant af komberse aan Guardian Angels skenk, wat dit weer in die plakkerskampe aan behoeftiges sal uitdeel.

Indien jy graag wil deel wees van hierdie projek, kan jy ‘n kombers(e) by die kerkkantoor afgee, of tydens Paasnaweek saambring kerk toe en in die voorportaal van die kerk plaas.

Dit hoef nie ‘n nuwe kombers te wees nie. Miskien het jy reeds ‘n ekstra kombers by die huis, ‘n slaapsak wat nie meer gebruik word nie of selfs ‘n duvet-inner wat iemand kan warm hou.

Ons wil die komberse graag net na Paasnaweek afgee.
✴️✴️✴️✴️✴️✴️✴️✴️✴️
Help ons om ‘n bietjie warmte uit te deel.


ENGO Ondersteuning

Ons by Engo wil graag persone wat in Bloemfontein se hospitale opgeneem word, geestelik ondersteun. Skakel gerus enige van onderstaande nommers as u in ‘n hospitaal in  Bloemfontein opgeneem word vir ondersteuning:

PersoonPosisieKontaknommer
Ds. Hennie MaartensEngo Hospitaal, Leraar0833880047
Christelle TrollipGeestelike Werker0825248655
Engo HospitaalsorgNoodlynnommer0719438888

Word deel van die Uitreikspan

Diensaksie Uitreik se passie is om nood te verlig waar hul kan. Uitreik bied vir lidmate die geleentheid om aktief as ‘n span ‘n verskil met barmhartigheid te maak. Mense wat graag deel wil wees van Diensaksie Uitreik kan vir Ds. Ettienne of vir Anmar skakel by 0514361967.


Ehrlichpark Skoolbenodigdhede

Skoolgelde

Al die skoolgelde is betaal. Baie dankie vir almal wat bygedra het.

Boekegeld

Ons gee die bedrae deur sodra ons dit gekry het.

Klere

Al die kinders het nou genoeg skoolklere. Baie dankie aand almal wat gehelp het.

Donasies

Donasies en betalings kan by die kantoor gemaak en inbetaal word.


Ons Voetspoor in die Gemeenskap

10 Junie 2022

Ons is ‘n depot vir Torings van Hoop se kombersprojek.  Indien jy dalk nog ‘n kombers of duvet inner het wat jy nie gebruik nie, kan jy dit vir Juanita by die kantoor afgee.   Die afsnydatum is 24 Junie 2022.

3 Junie 2022

Ons vergeet soms van die mense wat nie meer in staat is om eredienste te kan bywoon in kerkgeboue nie. Nie die mense wat self kies om dit te doen nie, maar dié wat werklikwaar a.g.v. gesondheid nie kan nie. Met die hulp van ’n lidmaat het ons die voorreg gehad om aan die einde van April nagmaal te bedien aan die mense van 7 Damme se versorgingseenheid tydens ’n biduuur. Gedurende Mei het ons ’n tweede biduur daar gehou. Die wonderlike voorreg is dat ons so goed ontvang is en dat hierdie mense dit so baie waardeer het, dat hierdie dienste beplan word vir elke laaste Dinsdagoggend van die maand.  

Vrystaat Nasorgsentrum

Die Nasorgsentrum se huidige sitkamerstel is beton meubels wat eintlik vir die tuin bedoel is. Dit is nie net ysig koud in die winter nie, maar ook gevaarlik vir die mense met hul gestremdhede. Daarom rig ons graag die volgende versoek namens die Nasorgsentrum.

“Ons wil ons sitkamer oordoen en benodig stewige ou bal-en-klou hout sitkamerstelle of los stoele en banke (vol gestoffeerde stelle werk ongelukkig nie met ons inwoners se inperkinge nie).” 

Die sentrum beskik oor die vaardigehede om die hout en bekleedsel self weer mooi te kan maak, indien iemand selfs ’n stel kan skenk wat nie meer so mooi is nie.  Skakel asseblief die kerkkantoor indien jy kan help.

27 Mei 2022

NG Heuwelsig het vanaf die aanvang van die Covid-19-pandemie ‘n lewendige aanlynbediening. Mense in ons eie gemeente “woon die erediens by” wanneer hul regstreeks inskakel op die tyd wat die erediens plaasvind. So kan ons al die mense wat om een of ander rede dit moeilik vind om fisies in die erediens te wees, bedien. Dit is bv. siekes, mense wat uitstedig is, lidmate se buitelandse kinders, ens.

Ander mense wat nie regstreeks inskakel nie, het die opsie om later die diens op YouTube te kyk. Voor elke diens word die YouYube-link waar die diens gekyk kan word, op die WhatsApp groep van die gemeente bekend gemaak. 

NG Heuwelsig voel dat ons ‘n voortgesette verantwoordelikheid teenoor ons gemeente “in die wolk” het, en ons verwelkom elke ‘view’ en ‘subscriber’ op ons YouTube-kanaal.

13 Mei 2022

Ons bied ‘n Kinderpinkster met die tema: Droomland aan.  Dit is ‘n unieke geleentheid en ons nooi al die kinders om saam met ‘n spesiale karakter te kom kuier asook aktiwiteite te kom doen.

Ons wil ook graag vir kinders leer om weer iets vir ander te gee. Die kinders kan gedurende die week tandepasta, ‘n koekie seep, ‘n sagte speelding of iets anders bring wat ons weer aan ander kinders kan skenk.

27 April 2022

Ons het uitgereik na die slagoffers van KZN en 17 swart sakke vol klere, skoene en speelgoed vir hulle gestuur. Baie dankie aan elkeen wat bygedra het!

22 April 2022

Ons het komberse ingesamel tydens die paastyd om aan Gaurdian Angels te skenk.

8 April 2022

Baie dankie vir die  skenkings aan Dealesville, Stillerus, Siesta, Mooihawe, Soutpan, Ehrlichpark en Boshoff.  

Groot behoefte by Ehrlichpark vir WINTERS kinderklere, veral seunsklere tot die ouderdom van 16 jaar. Dit kan by die kantoor afgegee word.

4 Maart 2022

Die skoolkinders en personeel van Dealesville Primêre Skool sê BAIE DANKIE vir die klere wat hulle ontvang het.

18 Februarie 2022

Ons het weereens mildelik bygedra aan Dr. Böhmerskool se voedingskema. Baie dankie aan elkeen se skenkings.

11 Februarie 2022

Ons het 20 Blessing Blankets geskenk aan baba’s wat in Universitas Hospitaal gebore word en ‘n behoefte het daaraan.

4 Februarie 2022

Ons voorsien elke Woensdag 2kg rys sowel as 2 kg (heerlik, gegeurde) maalvleis (wat deur ons dames van die Gemeente gekook word ) aan Torings van Hoop. Enige dames wat bereid is om te kook, kontak asb vir Juanita by 0514361967.

21 Januarie 2022

Ons help jaarliks met kinders uit die Ehrlichpark gemeenskap se skoolfondse en boekegeld. Daar word ook ruim skenkings, vir skoolklere en skoolbehoeftes, vanuit die gemeente, vir behoeftige kinders ontvang.

14 Januarie 2022

Ons voorsien maandeliks aan 15 gesinne kospakkies ter waarde van R250.00 per pakkie. Jul deurlopende ondersteuning met koskasbydrae word waardeer.

26 November 2021

Ons voorsien vanjaar aan 80 huisgesinne kospakkies vir Kersfees.

19 November 2021

Ons is baie trots op die musiekgroep wat hierdie kerstyd gevra is om ‘n buurgemeente se kerssangdiens te gaan lei. Ons sien baie uit na ons eie kerssangdiens op 5 Desember.

5 November 2021

Pastorale hulp word aangebied vir mense wat nie sielkundiges kan bekostig nie, wat persoonlike hulp nodig het, wie bygestaan moet word met die sterfte van ’n geliefde of tydens ’n egskeiding en aan diegene vir wie die eise van die wêreld te veel begin voel.

8 Oktober 2021

Ons klerewinkel het meer as 45 sakke klere geskenk aan die volgende instansies:

  • Engo
  • Nasorg Sentrum
  • Gardian Angels
  • Hospice
  • Boshoff
  • Westerbloem
  • Siésta
  • Mooihawe
  • Extonweg
  • Omega Ouetehuis Heidedal
  • Ehrlichpark
  • President Steyn Skoolkoshuis

Sedert die winkel oopgemaak het op 1 Oktober 2018 het ons ‘n wins van R311 984.60 gemaak.

3 September 2021 – Linte vir geliefdes wat tydens die pandemie gesterf het

Ons erken die droefheid en rou van lidmate wat tydens die pandemie geliefdes aan die dood afgestaan het en nie behoorlik afskeid, in die vorm van ‘n begrafnis met al hul vriende en familie teenwoordig, kon neem nie.

Liewe Gemeente, jul kan steeds enige tyd gedurende kantoorure in die week of naweke voor of na die erediens ‘n lint vir ‘n geliefde kom hang en ‘n kers by die Jesus-kers kom aansteek.

27 Augustus 2021

Ons voorsien elektrisiteit en voedsel vir 13 gesinne van Ehrlichpark vir ‘n week.

20 Augustus 2021

Baie van die inwoners van Ehrlichpark het Covid 19. Ons het reeds 3 weke se kos aan hulle voorsien. Bid asb. vir genesing vir hulle.

5 en 12 Augustus 2021

NG Heuwelsig gee vir 160 mense vir ‘n week kos by Dr. Böhmerskool. Ons sê baie dankie vir elkeen wat so mildelik kos gebring het.

20 Julie 2021

Ons help ‘n plattelandse gemeente met fondsinsameling d.m.v. verkoping van hul verwerkte vleis.

25 Junie 2021

Ons koskas voorsien maandeliks aan 15 gesinne kospakkies ter waarde van +- R250-00.

17 Junie 2021

Ons het ‘n gesin gehelp met werksmoontlikhede asook nuwe matrasse, yskas en kos.


Post-Covid Berading

Sukkel jy met post-covid trauma? Berading is beskikbaar.

Kontak Juanita by die kerkkantoor (0514361967) en reël ‘n afspraak.


Winkel

Die winkel is weer oop en geskenkbewyse van R50 en R100 kan nou gekoop word.
Onthou om asseblief jou masker te dra wanneer jy die winkel besoek.

Tye

Die winkel is oop op Maandae en Donderdae vanaf 10h00-12h00 en donasies kan enige dag van die week tydens kantoorure (08h00-13h00) gemaak word.

Benodighede

Ons benodig asseblief plastieksakkies vir die klerewinkel. Daar is ook ‘n groot behoefte vir baba– en kinderklere.


Uitreik in Namibië

Ons winkel was deel van ‘n groot uitreik en het skoolklere aan Namibiese kinders geskenk van Mier, Kleinmier, Welkom, Askham, Philandersbron, Rietfontein en Loubos.


Instansies wat in tydens 2019-2021 gebaat het vanuit die winkel

1) NG Gemeente Boshoff (2019/20)

  • Klere: 25 Sakke vir mans, dames, kinders en babas;
  • Linne: Gordyne, lakens, duvetstelle, komberse en kussingslope;
  • Breekgoed: Borde, klein bordjies, poedingbakkies, koppies en pierings (60 van elk).

2) Droogtehulp: NG Gemeente Carnavon Vrouediens (2019)

  • R20 000: Om te gebruik vir skoolgelde en -klere vir kinders van boere en mense in die gemeenskap van Carnavon;
  • Burre Burger: R20 000.

3) Droogtehulp: Bultfontein Boerderygemeenskap (2019)

  • Kontant: R8 000;
  • Klere: Mans, dames en kinders – Bakkievrag.

4) Mooihawe Ouetehuis

  • Klere: 60 damespakkies (romp, baadjie/broek en baadjie);
  • 126 Geestelike dagsrukkie boeke.

5) ENGO (Westerbloem – Sub-ekonomiese afdeling)

  • Toiletware: 46 persone;
  • Maatskaplike dienste: 8 sakke kinderklere.

6) OMEGA Ouetehuis: Heidedal

  • Klere en beddegoed: 16 dames en 8 mans.

7) Lettie Fouché Skool

  • Tafeldoeke, klere en skoene.

8) Vrystaat Nasorgsentrum

  • Mans en dames klere: 8 sakke.

9) Kairos Baptiste Gemeente

  • Kinders: Klere, speelgoed en komberse (Artikels gebruik vir hulle sendinguitreik).

10) Medi-Clinic

  • Huishoudelike artikels: Kos, klere, toiletware, komberse, lakens en gordyne (hulp aan sekuriteitswag en gesin).

11) Torings van Hoop

  • Klere.

12) Martie du Plessis-skool

  • Help gestremde matrikulant om te gaan studeer aan UV: Breekgoed, elektriese ketel, beddegoed, gordyne, rolstoel en tasse.

13) Petrusburg gemeenskap

  • Klere: Mans, dames, kinders – 8 sakke.

14) Erlichpark

  • Skoolklere

15) Siësta Ouetehuis

  • Toiletware: 12 dames;
  • Mansklere: Broeke en hemde vir 6 mans.

16) Gemeente huishulp – Huis afgebrand (2021)

  • Volwasse- en kinderklere, kombuisware, linne en gordyne.

17) Skool in Carnavon

  • Skoolgeld van R33 400.00: Betaal skoolgeld vir ‘n jaar vooruit vir behoeftige leerlinge;
  • Klere: 3 sakke.

Opmerking oor skenkings: Die geskatte waarde van artikels (klere, linne, kombuisware ens) geskenk aan behoeftige persone en instansies beloop in die omgewing van R100 000. Dit sluit nie finansiële skenkings in nie.


Winkelverkope

Die winkelverkope vanaf opening in September 2018 tot Desember 2020 beloop R 222 105.90 en verkope vir 2020 beloop R 99 000.00.


Skenkings

Onthou om asseblief jou masker te dra wanneer jy skenkings maak.

Koskas, kospakkie en ander -skenkings in die vorm van kombuisware, linne en vele meer kan enige dag tydens kantoorure (08:00-13:00) afgelaai word.

Koskas

Die koskas is leeg – ons sal alle skenkings waardeer

  • Instant Mash Potato (52g);
  • Bullybeef;
  • Groenbone;
  • Boontjies;
  • Mielies;
  • Langlewe melk;
  • Koffie;
  • Tee;
  • Cremora (500g);
  • Rys;
  • Suiker (2kg);
  • Bruismeel;
  • Mieliemeel;
  • Pasta (500g);
  • Toppers;
  • Sonneblomolie (750ml);
  • 2 Minute Noodles;
  • Gemengde Groente (Verkieslik 500g / 1kg verpakkings);
  • 500ml leë plastiese koeldrankbottels met doppies;
  • Ziplock sakkies in verskillende groottes;
  • Droë sopmengsel.

Baie baie dankie vir elkeen se volgehoue bydrae sover!

Foto: Gerd Altmann vanaf Pixabay